Studiehulp
Kirtland-tempel, Ohio (VSA)


Kirtland-tempel, Ohio (VSA)

Die eerste tempel wat in moderne tye deur die Kerk gebou is. Die Heiliges het dit in Kirtland gebou, volgens die Here se bevel (L&V 94:3–9). Een doel was om ’n plek daar te stel waar waardige Kerklede geestelike krag, gesag en kennis kan ontvang (L&V 109–110). Dit is op 27 Maart 1836 ingewy; die inwydingsgebed is aan die Profeet Joseph Smith gegee deur openbaring (L&V 109). Die Here het in hierdie tempel verskeie belangrike openbarings gegee en het die nodige priesterskapsleutels herstel (L&V 110; 137). Dit is nie gebruik vir die volle tempelordinansies wat vandag in tempels gegee word nie.

Druk