Studiehulp
Kolossense, Sendbriewe aan


Kolossense, Sendbriewe aan

’n Boek in die Nuwe Testament. Dit was oorspronklik ’n brief wat die Apostel Paulus geskryf het aan die Kolossense nadat hy besoek is deur Épafras, die evangelis van die Kerk in Galásië (Kol. 1:7–8). Épafras het aan Paulus vertel dat die Kolossense begin om in ernstige oortreding te verval—hulle het gedink dat hulle beter is as ander mense omdat hulle sekere uiterlike ordinansies nougeset nagekom het (Kol. 2:16), hulleself van sekere fisiese behoeftes onthou het en engele aanbid het (Kol. 2:18). Hierdie gebruike het die Kolossense laat voel dat hulle geheilig word. Hulle het ook gevoel dat hulle die verborgenhede van die heelal beter verstaan as ander Kerklede. In sy brief het Paulus hulle tereggewys deur te leer dat verlossing slegs deur Christus kom en dat ons wys moet wees en Hom dien.

Hoofstuk 1 is Paulus se begroeting aan die Kolossense. Hoofstukke 2–3 bevat leerstellings en bevat uitsprake oor Christus as die Verlosser, die gevaar van valse aanbidding en die belangrikheid van die Opstanding. Hoofstuk 4 leer dat Heiliges wys moet wees in alle dinge.