Studiehulp
Romeinse Ryk


Romeinse Ryk

Die ryk van antieke Rome. In die apostoliese tyd was die Romeinse Ryk die een groot mag van die wêreld. Dit het alles ingesluit tussen die Eufraat, die Donau, die Ryn, die Atlantiese Oseaan en die Saharawoestyn. Palestina het ’n ondergeskikte staat geword in 63 v.C., toe Pompejus Jerusalem ingeneem het. Alhoewel die Romeine vele voorregte aan die Jode gegun het, het die Jode die Romeinse heerskappy gehaat en was voortdurend rebels.

Paulus, ’n Romeinse burger, het Grieks gebruik, die taal van die ryk wat die meeste gebruik is om die evangelie dwarsdeur die ryk te versprei.