Studiehulp
Hoséa


Hoséa

’n Ou Testamentiese profeet wat in die noordelike koninkryk van Israel geprofeteer het gedurende die laaste gedeelte van die heerskappy van Jeróbeam Ⅱ. Hy het geleef gedurende ’n tyd van nasionale agteruitgang en verval, die gevolg van Israel se sonde.

Die boek van Hoséa

Die boek se basiese tema is die liefde van God vir sy volk. Al sy tugtiginge is uit liefde opgelê, en Israel se herstelling sal te danke wees aan sy liefde (Hoséa 2:19; 14:5). In teenstelling toon Hoséa Israel se verraderlikheid en ontrou. Tog is God in staat om vooruit te sien na Israel se uiteindelike verlossing (Hos. 11:12–14:9).