Studiehulp
Bet-El


Bet-El

In Hebreeus beteken dit “huis van God” en is een van die heiligste plekke in Israel. Dit is geleë ongeveer sestien kilometer noord van Jerusalem. Hier het Abraham sy altaar gebou ten tye van sy eerste aankoms in Kanaän (Gén. 12:8; 13:3). Hier het Jakob in ’n visioen ’n leer gesien wat tot die hemel reik (Gén. 28:10–19). Dit was ook ’n heilige plek in die dae van Samuel (1 Sam. 7:16; 10:3).