Studiehulp
Jona


Jona

’n Ou Testamentiese profeet wat deur die Here geroep is om bekering te preek vir die stad Ninevé (Jona 1:1–2).

Die boek van Jona

’n Boek in die Ou Testament wat vertel van ’n ervaring in Jona se lewe. Jona het waarskynlik nie self die boek geskryf nie. Die hoof-idee van die boek van Jona is dat Jehova oral heers en nie sy liefde tot ’n enkele nasie of volk beperk nie.

In hoofstuk 1 het die Here vir Jona geroep om vir Ninevé te preek. In plaas van om te doen soos die Here beveel het, het Jona per boot gevlug en is ingesluk deur ’n groot vis. In hoofstuk 2 het Jona tot die Here gebid en die vis het vir Jona uitgebraak op droë grond. Hoofstuk 3 vertel dat Jona na Ninevé gegaan het en van die stad se ondergang geprofeteer het. Die volk het egter bekeer. In hoofstuk 4 het die Here vir Jona berispe omdat hy kwaad was dat die Here die volk gered het.

Jesus het geleer dat die insluk van Jona deur die vis ’n voorafskaduwing was van Jesus se eie dood en opstanding (Matt. 12:39–40; 16:4; Lk. 11:29–30).