Sebulon
In die Ou Testament, ’n seun van Jakob en Lea (Gén. 30:19–20).
Die stam van Sebulon
Jakob het die stam van Sebulon geseën (Gén. 49:13). Die stam van Sebulon het aangesluit by Debora en Barak om teen die vyande van Israel te veg (Rigt. 4:4–6, 10). Hulle het ook by Gídeon aangesluit om teen die Midianiete te veg (Rigt. 6:33–35).