Studiehulp
Olyfberg


Olyfberg

’n Berg oos van die Kidronvallei, oos van Jerusalem. Teen sy westelike hang, naby die onderkant, is die tuin van Getsémané. Bétfagé en Betanië is geleë bo-op en aan die oostelike hang. Hierdie berg was die toneel van baie Bybelse gebeurtenisse (Matt. 24:3) en sal ook ’n belangrike plek wees in die gebeurtenisse van die laaste dae (Sag. 14:3–5; L&V 45:48–54; 133:20).