Studiehulp
Judas


Judas

In die Nuwe Testament, een van Jesus se broers en waarskynlik die skrywer van die sendbrief van Judas (Matt. 13:55; Judas 1:1).

Die sendbrief van Judas

Hierdie boek bestaan uit ’n brief van Judas aan sekere Heiliges wat verswak het in die geloof. Hulle is verswak deur diegene onder hulle wat voorgegee het om Christene te wees maar wat onsedelike afgodery beoefen het en aanspraak gemaak het om vrygestel te wees om die sedelike wet te gehoorsaam. Judas wou die Heiliges laat ontwaak tot ’n besef van hulle geestelike gevaar en om hulle aan te moedig om getrou te bly.

Sommige kenmerkende gedeeltes in Judas is vers 6, waarin vertel word van die oorlog in die hemel en die uitwerping van Lucifer en sy engele vanaf daardie vooraardse toestand (Abr. 3:26–28), en vers 14–15, wat ’n profesie wat Henog gemaak het, aanhaal.