Die Here het gesê dat alle mense verantwoordelik is vir hulle eie motiewe, houdings, begeertes en handelinge.
Die ouderdom van toerekenbaarheid is die ouderdom waarop kinders geag word om verantwoordelik te wees vir hulle handelinge en in staat is om sonde te pleeg en te bekeer.
Hulle sal rekenskap gee van elke ydele woord, Matt. 12:36 .
Gee rekenskap van jou rentmeesterskap, Lk. 16:2 .
Elkeen van ons sal rekenskap gee van homself aan God, Rom. 14:12 .
Die dooies sal geoordeel word volgens hulle werke, Openb. 20:12 .
Ons woorde, werke, en gedagtes sal ons veroordeel, Alma 12:14 .
Ons is ons eie regters, hetsy om goed te doen of boos, Alma 41:7 .
Julle word toegelaat om vir julleself te handel, Hel. 14:29–31 .
Hierdie ding sal julle leer—bekering en doop aan diegene wat toerekenbaar is, Moro. 8:10 .
Almal moet bekeer en gedoop word wat die jare van toerekenbaarheid bereik het, L&V 18:42 .
Satan kan nie klein kindertjies versoek nie, totdat hulle begin om toerekenbaar te word voor My, L&V 29:46–47 .
Kinders sal gedoop word wanneer agt jaar oud, L&V 68:27 .
Elke mens sal verantwoordelik wees vir sy eie sondes op die oordeelsdag, L&V 101:78 .
Aan mense is die vermoë gegee om die goeie van die bose te ken; daarom is hulle handelingsmag gegee, Moses 6:56 .
Mense sal gestraf word vir hulle eie sondes, Gel. Art. 1:2 .