Studiehulp
Jesaja


Jesaja

’n Profeet van die Ou Testament wat geprofeteer het vanaf 740–701 v.C. As Koning Hiskía se hoofadviseur het Jesaja groot godsdienstige en politieke invloed gehad.

Jesus het Jesaja meer dikwels aangehaal as enige ander profeet. Jesaja word ook dikwels aangehaal deur Petrus, Johannes en Paulus in die Nuwe Testament. Die Boek van Mormon en die Leer en Verbonde bevat meer aanhalings van Jesaja as van enige ander profeet en verskaf baie hulp om Jesaja te vertolk. Nefi het sy volk geleer uit die geskrifte van Jesaja (2 Ne. 12–24; Jes. 2–14). Die Here het vir die Nefiete vertel dat Jesaja se woorde groot was en “dat alle dinge wat Jesaja geprofeteer het, vervul sal word” (3 Ne. 23:1–3).

Die boek van Jesaja

’n Boek in die Ou Testament. Baie van Jesaja se profesieë handel oor die koms van die Verlosser, beide in sy aardse bediening (Jes. 9:6) en as die Groot Koning op die laaste dag (Jes. 63). Hy het ook baie geprofeteer oor Israel se toekoms.

Hoofstuk 1 is ’n inleiding tot die res van die boek. Jesaja 7:14; 9:6–7; 11:1–5; 53; en 61:1–3 voorspel die sending van die Saligmaker. Hoofstukke 2, 11, 12 en 35 handel oor gebeurtenisse in die laaste dae, wanneer die evangelie herstel sal word, Israel versamel sal word, en die dorre land soos ’n roos sal blom. Hoofstuk 29 bevat ’n profesie oor die te voorskyn kom van die Boek van Mormon (2 Ne. 27). Hoofstukke 40–46 verklaar die superioriteit van Jehova as die ware God bo die afgode van die heidense aanbidders. Die oorblywende hoofstukke, 47–66, handel oor gebeurtenisse by die finale herstelling van Israel en die vestiging van Sion, met die Here wat onder sy volk woon.