Vry van sonde of skuld; sonder blaam. ’n Persoon word suiwer wanneer sy gedagtes en handelinge in elke opsig rein is. ’n Persoon wat gesondig het, kan suiwer word deur geloof in Jesus Christus, bekering en die ordinansies van die evangelie te ontvang.
Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, sal seën wegdra van die Here, Ps. 24:3–5 .
Reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die Here, Jes. 52:11 (L&V 133:4–5 ).
Geseënd is die wat rein van hart is, Matt. 5:8 (3 Ne. 12:8 ).
Alles wat rein is, bedink dit, Filip. 4:8 (Gel. Art. 1:13 ).
Almal van julle wat rein van hart is, rig op julle hoofde en ontvang die aangename woord van God, Jakob 3:2–3 .
Kan julle op daardie dag na God opkyk met ’n suiwer hart en rein hande, Alma 5:19 .
Omdat hulle rein en vlekkeloos voor God was, kon hulle nie die sonde aanskou tensy dit was met afkeer nie, Alma 13:12 .
Word gereinig net soos Christus rein is, Moro. 7:48 (Morm. 9:6 ).
Christus sal vir homself ’n suiwer volk bewaar, L&V 43:14 .
Die Here het beveel dat ’n huis in Sion gebou word waarin die reines God sal sien, L&V 97:10–17 .
Dit is Sion—die reines van hart, L&V 97:21 .