Studiehulp
Manna


Manna

’n Klein, ronde voedingsmiddel wat smaak soos heuningkoek (Ex. 16:14–31) of vars oliekoeke (Núm. 11:7–8). Die Here het dit voorsien om die kinders van Israel te voed gedurende hulle veertig jaar in die woestyn (Ex. 16:4–5, 14–30, 35; Jos. 5:12; 1 Ne. 17:28).

Die kinders van Israel het dit manna genoem (of man-hu in Hebreeus)—wat beteken “Wat is dit?”—omdat hulle nie geweet het wat dit was nie (Ex. 16:15). Dit was ook “brood van engele” genoem en “koring van die hemel” (Ps. 78:24–25; Joh. 6:31). Dit was ’n simbool van Christus wat die Brood van die Lewe sou wees (Joh. 6:31–35).