Waarheid Sien ook Intelligensie, Intelligensies; Kennis; Lig, Lig van Christus Kennis van dinge soos hulle is, en soos hulle was en soos hulle sal wees (L&V 93:24). Waarheid verwys ook na lig en openbaring van die hemel. Trou spruit uit die aarde, Ps. 85:12 (Moses 7:62). Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak, Joh. 8:32. Ek is die weg en die waarheid en die lewe, Joh. 14:6. As ons sê dat ons geen sonde het nie, is die waarheid nie in ons nie, 1 Joh. 1:8. Die skuldiges ag die waarheid as hard, 1 Ne. 16:2. Die regverdiges is lief vir die waarheid, 2 Ne. 9:40. Die Gees spreek die waarheid en lieg nie, Jakob 4:13. U is ’n God van waarheid en kan nie lieg nie, Ether 3:12. Deur die mag van die Heilige Gees mag julle die waarheid van alle dinge weet, Moro. 10:5. Die waarheid bly vir ewig en ewig, L&V 1:39. Jy is verlig deur die Gees van waarheid, L&V 6:15. Die Boek van Mormon bevat die waarheid en die woord van God, L&V 19:26. Die Trooster is uitgestuur om die waarheid te onderrig, L&V 50:14. Hy wat die woord ontvang deur die Gees van waarheid, ontvang dit soos dit verkondig word deur die Gees van waarheid, L&V 50:17–22. Verkondig die waarheid volgens die openbarings wat Ek aan julle gegee het, L&V 75:3–4. Wat ook al die waarheid is, is lig, L&V 84:45. Die lig van Christus is die lig van die waarheid, L&V 88:6–7, 40. My Gees is die waarheid, L&V 88:66. Intelligensie, of die lig van waarheid, is nie geskape nie, L&V 93:29. Die heerlikheid van God is intelligensie, of lig en waarheid, L&V 93:36. Ek het julle beveel om julle kinders in lig en waarheid groot te maak, L&V 93:40. My Eniggeborene is vol genade en waarheid, Moses 1:6.