Studiehulp
Pinkster


Pinkster

As ’n deel van die wet van Moses was die Pinksterfees of eerstelingfees vyftig dae na die Pasgafees gehou (Lev. 23:16). Pinksterfees was om die oes te vier en in die Ou Testament word dit die Fees van die Oes of die Fees van Weke genoem. Dit was hierdie fees wat gevier is toe die Apostels in Jerusalem met die Heilige Gees vervul was en in tonge gespreek het (Hand. 2; L&V 109:36–37).