Studiehulp
Efraim


Efraim

In die Ou Testament, die tweede seun van Josef en Ásenat (Gén. 41:50–52; 46:20). Strydig met tradisie, het Efraim die seëning van geboortereg ontvang in plaas van Manasse, wat die ouer seun was (Gén. 48:17–20). Efraim het die vader geword van die stam van Efraim.

Die stam van Efraim

Efraim is die geboortereg gegee in Israel (1 Kron. 5:1–2; Jer. 31:9). In die laaste dae is hulle voorreg en verantwoordelikheid om die priesterskap te dra, om die boodskap van die herstelde evangelie na die wêreld te neem, en ’n vaandel op te hef om verstrooide Israel bymekaar te maak (Jes. 11:12–13; 2 Ne. 21:12–13). Die kinders van Efraim sal diegene van die noordelike streke wat in die laaste dae terugkeer, met heerlikheid bekroon (L&V 133:26–34).

Die stok van Efraim of Josef

’n Kroniek van een groep van die stam van Efraim wat van Jerusalem gelei was na Amerika in ongeveer 600 v.C. Hierdie groep se kroniek word genoem die stok van Efraim of Josef, of die Boek van Mormon. Dit en die stok van Juda (die Bybel) vorm ’n verenigde getuienis van die Here Jesus Christus, sy Opstanding en sy goddelike werk onder hierdie twee gedeeltes van die huis van Israel.