Studiehulp
Mormon, Nefitiese Profeet


Mormon, Nefitiese Profeet

’n Nefitiese profeet, militêre generaal, en kroniekskrywer in die Boek van Mormon. Mormon het ongeveer 311–385 n.C. geleef (Morm. 1:2, 6; 6:5–6; 8:2–3). Hy was ’n militêre leier vir die grootste deel van sy lewe en het op ouderdom vyftien begin (Morm. 2:1–2; 3:8–12; 5:1; 8:2–3). Ammaron het vir Mormon beveel om homself voor te berei om die kronieke in bewaring te neem en die kronieke by te hou (Morm. 1:2–5; 2:17–18). Nadat hy die geskiedenis van sy eie lewe opgeteken het, het Mormon die groot plate van Nefi verkort op die plate van Mormon. Hy het later hierdie heilige kroniek oorhandig aan sy seun Moroni. Hierdie plate was deel van die kroniek waarvan Joseph Smith die Boek van Mormon vertaal het.

Die Woorde van Mormon

’n Klein boek in die Boek van Mormon. Tussen die laaste woorde van Amaleki in die boek van Omni en die eerste woorde in die boek van Mosia, het Mormon, die redigeerder van al die kronieke, hierdie klein invoegsel gemaak. (Sien “’n Kort Verduideliking van die Boek van Mormon” voor in die Boek van Mormon.)

Die boek van Mormon

’n Aparte boek binne die volume van skrifture wat bekend staan as die Boek van Mormon. Hoofstukke 1–2 vertel van Ammaron, ’n profeet van die Nefiete, wat vir Mormon opdrag gegee het van wanneer en waar om die plate te kry. Die groot oorloë het ook begin en die Drie Nefiete is weggeneem vanweë die volk se goddeloosheid. Hoofstukke 3–4 vertel van Mormon wat bekering tot sy volk roep, maar hulle was gevoelloos, en groter goddeloosheid as ooit voorheen het in Israel geheers. Hoofstukke 5–6 teken die finale veldslae tussen die Nefiete en die Lamaniete aan. Mormon is gedood saam met meeste lede van die Nefitiese nasie. In hoofstuk 7, voor sy dood, het Mormon ’n beroep op die volk gedoen—toe en in die toekoms—om te bekeer. Hoofstukke 8–9 teken aan dat net Mormon se seun, Moroni, uiteindelik oorgebly het. Hy het die finale tonele van dood en slagting, insluitende die einde van die Nefitiese volk opgeteken en het ’n boodskap aan toekomstige geslagte en lesers van hierdie kroniek geskryf.