Studiehulp
Kaleb


Kaleb

Een van diegene wat deur Moses gestuur is om die land Kanaän te verken in die tweede jaar na die Exodus (uittog). Slegs hy en Josua het ’n ware verslag teruggebring van die land (Núm. 13:6, 30; 14:6–38). Van almal wat Egipte verlaat het, het slegs hulle die veertig jaar in die wildernis oorleef (Núm. 26:65; 32:12; Deut. 1:36) en het Kanaän binnegegaan (Jos. 14:6–14; 15:13–19).