Studiehulp
Elía


Elía

’n Ou Testamentiese profeet wat teruggekeer het in die laaste dae om die sleutels van die seëlingsmagte te skenk aan Joseph Smith en Oliver Cowdery. Op sy dag het Elía in die Noordelike Koninkryk van Israel gedien (1 Kon. 17–22; 2 Kon. 1–2). Hy het groot geloof gehad in die Here en is bekend vir baie wonderwerke. Op sy versoek het God reën laat ophou vir 3½ jaar. Hy het ’n seun opgewek uit die dode en het vuur neergeroep uit die hemel (1 Kon. 17–18). Die Joodse volk wag nog steeds vir Elía se terugkeer, soos Maleági geprofeteer het dat hy sou (Mal. 4:5). Hy bly ’n genooide gas by Joodse Paasfeeste waar ’n oop deur en ’n leë sitplek altyd op hom wag.

Die Profeet Joseph Smith het gesê dat Elía die verseëlingsmagte gehad het van die Melgisédekse Priesterskap en dat hy die laaste profeet was om dit te doen voor die tyd van Jesus Christus. Hy het op die Berg van Transfigurasie verskyn saam met Moses en het die sleutels van die priesterskap geskenk aan Petrus, Jakobus, en Johannes (Matt. 17:3). Hy het weer verskyn met Moses en andere, op 3 April 1836, in die Kirtland Ohio Tempel en het dieselfde sleutels geskenk aan Joseph Smith en Oliver Cowdery (L&V 110:13–16). Dit alles was ter voorbereiding van die Tweede Koms van die Here, soos gespreek in Maleági 4:5–6.

Die mag van Elía is die verseëlingsmag van die priesterskap waardeur dinge wat gebind of losgemaak word op aarde, gebind of losgemaak word in die hemel (L&V 128:8–18). Gekose diensknegte van die Here op aarde het vandag hierdie verseëlingsmag en voer die verlossingsordinansies van die evangelie uit vir die lewende en die dode (L&V 128:8).