Studiehulp
Bergpredikasie


Bergpredikasie

’n Leerrede deur die Here Jesus Christus aan sy dissipels wat op die punt was om uitgestuur te word op sendings (Matt. 5–7; Lk. 6:20–49). Die Here het die predikasie gegee kort nadat die Twaalf geroep is.

Die predikasie is duideliker gemaak deur die Joseph Smith Vertaling van die Bybel en deur ’n soortgelyke rede wat aangeteken is in 3 Nefi 12–14 wat toon dat belangrike dele van die predikasie van die verslag in Matthéüs verlore gegaan het.