Geld Sien ook Aalmoes, Aalmoese Gee; Rykdom; Tiende, Tiendes; Wêreldsheid Muntstukke, papier, sertifikate of iets wat mense gebruik as betaling vir goedere of dienste. Dit is somtyds ’n simbool van materialisme. Julle sal sonder geld gelos word, Jes. 52:3. Die Twaalf is aangesê om niks vir hulle reis saam te neem nie, geen reissak, geen brood, geen geld nie, Mark. 6:8. Petrus het vir Simon die towenaar gesê dat sy geld saam met hom sal vergaan, Hand. 8:20. Geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels, 1 Tim. 6:10. Moenie geld spandeer op dit wat geen waarde het nie, 2 Ne. 9:50–51 (Jes. 55:1–2; 2 Ne. 26:25–27). As hulle arbei vir geld sal hulle vergaan, 2 Ne. 26:31. Voordat julle na rykdom soek, soek die koninkryk van God, Jakob 2:18–19. Kerke sal sê dat julle vir julle geld vergewe sal word van julle sondes, Morm. 8:32, 37. Hy wat sy geld gee vir die saak van Sion sal geensins sy loon verloor nie, L&V 84:89–90.