Studiehulp
Haggai


Haggai

’n Ou Testamentiese profeet wat in ongeveer 520 v.C. in Jerusalem geprofeteer het, kort nadat die Joodse volk van hulle ballingskap in Babilonië teruggekeer het (Esra 5:1; 6:14). Hy het gepraat oor die herbouing van die Here se tempel in Jerusalem en het die volk tereggewys omdat dit nog nie voltooi was nie. Hy het ook geskryf oor die milleniale tempel en die heerskappy van die Saligmaker.

Die boek van Haggai

In hoofstuk 1 het die Here die volk bestraf omdat hulle in hul voltooide huise gewoon het terwyl die tempel ongebou gebly het. Hoofstuk 2 teken Hággai se profesie aan dat die Here vrede sal gee in sy tempel.