Studiehulp
Rooi See


Rooi See

Die watermassa tussen Egipte en Arabië. Die twee noordelike baaie vorm die kuslyn van die Sinai skiereiland. Die Here het die Rooi See wonderbaarlik verdeel sodat die Israeliete onder Moses se leierskap kon deurloop op droë grond (Ex. 14:13–31; Hebr. 11:29). Die skeiding van die see deur Moses word deur openbarings in die laaste dae bevestig (1 Ne. 4:2; Hel. 8:11; L&V 8:3; Moses 1:25).