Studiehulp
Hosanna


Hosanna

’n Woord uit Hebreeus wat beteken “red ons asseblief” en word gebruik in loof en smeking.

Tydens die Huttefees, wat die Here se bevryding van Israel en hul betreding van die beloofde land vier, het mense die woorde van Psalm 118 gesing en palmtakke gewaai. Tydens die Here se triomfantelike intog in Jerusalem het die skares “Hosanna” geroep en palmtakke gestrooi vir Jesus om oor te ry, en so hulle begrip getoon dat Jesus dieselfde Here was wat Israel in die voortyd bevry het (Ps. 118:25–26; Matt. 21:9, 15; Mark. 11:9–10; Joh. 12:13). Hierdie mense het vir Christus erken as die lang-verwagte Messias. Die woord Hosanna is gebruik as ’n aankondiging van die Messias in alle eeue (1 Ne. 11:6; 3 Ne. 11:14–17). Die Hosannakreet was deel van die inwyding van die Kirtland-tempel (L&V 109:79) en is nou ’n deel van die inwyding van moderne tempels.

Druk