Studiehulp
Serubbábel


Serubbábel

In die Ou Testament toe Kores aan die Jode toestemming gegee het om na Palestina terug te keer, is Serubbábel as goewerneur of verteenwoordiger van die Joodse koninklike huis aangestel. Sy Persiese naam was Sésbassar (Esra 1:8). Hy was betrokke by die herbou van die tempel in Jerusalem (Esra 3:2, 8; 5:2).