Studiehulp
Elísa


Elísa

’n Ou Testamentiese profeet van die Noordelike Koninkryk van Israel en ’n getroue raadgewer van verskeie van daardie land se konings.

Elísa het ’n sagsinnige en liefhebbende geaardheid gehad, sonder daardie vurige geesdrif waarvoor sy meester, Elía, bekend was. Sy belangrike wonderwerke (2 Kon. 2–5; 8) getuig dat hy waarlik Elía se krag ontvang het toe hy Elía as ’n profeet opgevolg het (2 Kon. 2:9–12). Byvoorbeeld, hy het die waters van ’n bitter fontein genees, die waters van die Jordaanrivier verdeel, ’n weduwee se olie vermenigvuldig, ’n seun uit die dode opgewek, ’n man van melaatsheid gesond gemaak, ’n ysterbyl laat dryf, en het die Arameërs met blindheid geslaan (2 Kon. 2–6). Sy bediening het meer as vyftig jaar geduur gedurende die heerskappye van Joram, Jehu, Jóahas, en Joas.