Studiehulp
Sagaría, Ou Testamentiese Profeet


Sagaría, Ou Testamentiese Profeet

’n Ou Testamentiese profeet wat ongeveer 520 v.C. geprofeteer het. Hy het dieselfde tyd geleef as die profeet Haggai (Esra 5:1; 6:14).

Die boek van Sagaría

Die boek is bekend vir sy profesieë van Christus se aardse bediening en sy Tweede Koms (Sag. 9:9; 11:12–13; 12:10; 13:6). Hoofstukke 1–8 bevat ’n aantal visioene van die toekoms van God se volk. Hoofstukke 9–14 bevat visioene oor die Messias, die laaste dae, die versameling van Israel, die finale groot oorlog, en die Tweede Koms.