Studiehulp
Voorraadskuur


Voorraadskuur

’n Plek waar ’n biskop toegewyde offerandes van Heiliges van die Laaste Dae ontvang, beheer en aan die armes uitdeel. Elke voorraadskuur mag so groot of so klein wees soos wat omstandighede vereis. Getroue Heiliges skenk talente, vaardighede, goedere en finansiële bydraes aan die biskop om vir die armes te sorg ten tye van nood. Daarom mag ’n voorraadskuur ’n lys van beskikbare dienste, geld, voedsel of ander artikels insluit. Die biskop is die agent van die voorraadskuur en versprei goedere en dienste volgens behoefte en soos hy gelei word deur die Gees van die Here (L&V 42:29–36; 82:14–19).

Druk