Studiehulp
Filémon, Sendbrief aan


Filémon, Sendbrief aan

’n Boek in die Nuwe Testament wat geneem is van ’n brief wat deur Paulus geskryf is. Paulus se brief aan Filémon is ’n persoonlike brief oor Onésimus, ’n slaaf wat sy meester, Filémon, beroof het en weggeloop het na Rome. Paulus het hom teruggestuur na sy meester in Kolosse in die geselskap van Tíchikus, die draer van Paulus se brief aan die Kolossense. Paulus het gevra dat Onésimus vergewe moes word en terug ontvang word as ’n mede-Christen. Paulus het hierdie brief geskryf terwyl hy vir die eerste keer in die gevangenis in Rome was.