Studiehulp
Ark van die Verbond


Ark van die Verbond

Ook bekend as die Ark van Jehova en die Ark van die Getuienis. Die Ark van die Verbond was ’n langwerpige kas of kis gemaak van hout en oorgetrek met goud. Dit was die oudste en heiligste van die godsdienstige simbole van die Israeliete. Die Versoendeksel wat dit bedek het, is beskou as die aardse woonplek van Jehova (Ex. 25:22). Na die voltooiing van die tempel is die ark geplaas in die Allerheiligste, die heiligste plek in dié bouwerk (1 Kon. 8:1–8).