Studiehulp
Omni


Omni

’n Nefitiese kroniekskrywer in die Boek van Mormon wat in ongeveer 361 v.C. geskryf het (Jarom 1:15; Omni 1:1–3).

Die boek van Omni

’n Boek wat van die klein plate van Nefi vertaal is in die Boek van Mormon. Die boek het net ’n enkele hoofstuk, wat ’n verslag van die oorloë tussen die Nefiete en Lamaniete bevat. Omni het net die eerste drie verse van die boek geskryf. Die plate is toe om die beurt gegee aan Amaron, Gemis, Abinadom en uiteindelik Amaleki. Amaleki het die plate oorhandig aan Koning Benjamin, koning van Zarahemla.