Studiehulp
Profeet


Profeet

’n Persoon wat deur God geroep is en namens Hom spreek. As ’n boodskapper van God, ontvang ’n profeet gebooie, profesieë en openbarings van God. Sy verantwoordelikheid is om God se wil en ware karakter bekend te maak aan die mensdom en om die betekenis van sy handelinge met hulle te toon. ’n Profeet keur sonde af en voorspel die gevolge daarvan. Hy is ’n verkondiger van regverdigheid. By geleentheid mag ’n profeet geïnspireer word om die toekoms te voorspel vir die voordeel van die mensdom. Sy hoofsaaklike verantwoordelikheid is egter om te getuig van Christus. Die President van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae is vandag God se profeet op die aarde. Lede van die Eerste Presidensie en die Twaalf Apostels word onderskraag as profete, sieners en openbaarders.