Studiehulp
Profesie, Profeteer


Profesie, Profeteer

’n Profesie bestaan uit goddelike geïnspireerde woorde of geskrifte wat ’n persoon deur openbaring ontvang van die Heilige Gees. Die getuienis van Jesus is die gees van die profesie (Openb. 19:10). ’n Profesie mag betrekking hê op die verlede, hede of toekoms. Wanneer ’n persoon profeteer, spreek of skryf hy dit wat God wil hê hy moet weet, vir sy eie beswil of die beswil van andere. Individue mag ’n profesie of openbaring ontvang vir hulle eie lewens.