Regering Sien ook Grondwet Wanneer Jesus Christus terugkeer, sal Hy ’n regverdige regering vestig. Die heerskappy is op sy skouers, Jes. 9:5 (2 Ne. 19:6). Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, Matt. 22:21 (L&V 63:26). Onderwerp julle aan die hoër magte, Rom. 13:1. Bid vir konings en almal wat hooggeplaas is, 1 Tim. 2:1–2. Wees onderdanig aan owerhede en magte en wees gehoorsaam, Tit. 3:1. Wees onderdanig aan elke menslike ordinansie ter wille van die Here, 1 Petr. 2:13–14. Jesus Christus sal as koning heers tot in ewigheid, Openb. 11:15. Julle moet regverdige manne hê om jul konings te wees, Mosia 23:8. Doen julle sake deur die stem van die volk, Mosia 29:26. Christus sal ons heerser wees as Hy kom, L&V 41:4. Hy wat God se wette onderhou, het nie nodig om die landswette te verbreek nie, L&V 58:21. Wanneer die goddelose heers, treur die volk, L&V 98:9–10. Regerings word deur God ingestel tot die voordeel van die mens, L&V 134:1–5. Die mens is verplig om regerings te steun en te onderhou, L&V 134:5. Ons glo om onderdanig te wees aan konings, presidente, heersers en magistrate, Gel. Art. 1:12.