Studiehulp
Nuwe en Ewigdurende Verbond


Nuwe en Ewigdurende Verbond

Die volheid van die evangelie van Jesus Christus (L&V 66:2). Dit is nuut elke keer as dit opnuut geopenbaar word ná ’n tydperk van afvalligheid. Dit is ewigdurend in die sin dat dit God se verbond is en dat dit ontvang is in elke evangeliese tydvak waar mense gewillig was om dit te ontvang. Die nuwe en ewigdurende verbond is weer geopenbaar aan die mense op aarde deur Jesus Christus deur die Profeet Joseph Smith. Dit bevat heilige ordinansies wat bedien word deur priesterskapgesag—soos die doop en tempelhuwelik—wat nodig is vir die mens se heil, onsterflikheid en die ewige lewe. Wanneer mense die evangelie aanvaar en belowe om God se gebooie te onderhou, sluit God ’n verbond om hulle die seëninge te gee van sy nuwe en ewige verbond.