Studiehulp
Amos


Amos

’n Profeet van die Ou Testament wat geprofeteer het vanaf ongeveer 792 tot 740 v.C. in die dae van Ussia, koning van Juda, en Jeróbeam, koning van Israel.

Die boek van Amos

’n Boek in die Ou Testament. Baie van Amos se profesieë waarsku Israel en sy buurnasies om terug te keer na regverdigheid.

Hoofstukke 1–5 roep Israel en sy buurnasies tot bekering. Hoofstuk 3 verduidelik dat die Here sy verborgenhede openbaar aan die profete en dat as gevolg van oortreding, sal Israel vernietig word deur ’n teenstander. Hoofstukke 6–8 profeteer die val van Israel baie jare voor die Assuriese inval. Hoofstuk 9 profeteer dat Israel herstel sal word tot haar eie land.