Studiehulp
Melgisédekse Priesterskap


Melgisédekse Priesterskap

Die Melgisédekse Priesterskap is die hoër of groter priesterskap; die Aäroniese Priesterskap is die mindere priesterskap. Die Melgisédekse Priesterskap sluit die sleutels in van die geestelike seëninge van die Kerk. Deur die ordinansies van die hoër priesterskap word die krag van goddelikheid geopenbaar aan die mens (L&V 84:18–25; 107:18–21).

God het eerste hierdie hoër priesterskap aan Adam geopenbaar. Die patriarge en profete in elke tydvak het hierdie gesag gehad (L&V 84:6–17). Dit was eers die Heilige Priesterskap volgens die Orde van die Seun van God genoem. Dit het later bekend geword as die Melgisédekse Priesterskap (L&V 107:2–4).

Toe die kinders van Israel in gebreke gebly het om volgens die voorregte en verbonde van die Melgisédekse Priesterskap te lewe, het die Here die hoër wet weggeneem en vir hulle ’n mindere priesterskap en ’n mindere wet gegee (L&V 84:23–26). Hulle was genoem die Aäroniese Priesterskap en die wet van Moses. Toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy die Melgisédekse Priesterskap herstel aan die Jode en het begin om die Kerk onder hulle op te bou. Die priesterskap en die Kerk het egter weer deur afvalligheid verlore gegaan. Hulle is later herstel deur Joseph Smith Jr. (L&V 27:12–13; 128:20; JS—G 1:73).

Die Melgisédekse Priesterskap omvat die ampte van ouderling, hoëpriester, patriarg, Sewentig en Apostel (L&V 107). Die Melgisédekse Priesterskap sal altyd ’n deel wees van die koninkryk van God op die aarde.

Die President van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae is die president van die hoë of Melgisédekse Priesterskap en hy hou al die sleutels wat betrekking het op die koninkryk van God op die aarde. Die roeping van President word net deur een man op ’n keer gehou en hy is die enigste persoon op aarde wat gesag het om alle priesterskapsleutels uit te oefen (L&V 107:64–67; 132:7).