Studiehulp
Vry, Vryheid


Vry, Vryheid

Die krag of vermoë om persoonlike keuses te maak sonder dwang. In ’n geestelike sin is ’n persoon wat bekeer en God se wil gehoorsaam, vry van slawerny of sonde deur die Versoening van Jesus Christus (Mosia 5:8). Die toestand waarin mens in staat is om vryelik te handel en te dink. Gehoorsaamheid aan evangeliese beginsels bevry ’n persoon van die geestelike gebondenheid van sonde (Joh. 8:31–36).