Studiehulp
Lot


Lot

In die Ou Testament, die seun van Haran en neef van Abraham (Gén. 11:27, 31; Abr. 2:4). Haran het gesterf vanweë die hongersnood in Ur (Abr. 2:1). Lot het Ur verlaat saam met Abraham en Sara en het met hulle na Kanaän gereis (Gén. 12:4–5). Lot het verkies om in Sodom te woon. Die Here het boodskappers gestuur om vir Lot te waarsku om te vlug uit Sodom voordat die Here dit sou vernietig vanweë die goddeloosheid van die mense (Gén. 13:8–13; 19:1, 13, 15); Lot se vrou het egter teruggekyk na die vernietiging en het ’n soutpilaar geword (Gén. 19:26). Die Nuwe Testament bevat verwysings na Lot (Lk. 17:29; 2 Petr. 2:6–7). Sy lewe nadat hy van Abraham weggegaan het word beskryf in Génesis 13, 14, en 19.