Studiehulp
Apostel


Apostel

In Grieks beteken Apostel “een wat uitgestuur is”. Dit was die titel wat Jesus aan die Twaalf gegee het wat Hy gekies het en geordineer het om sy naaste dissipels en helpers te wees gedurende sy bediening op aarde (Lk. 6:13; Joh. 15:16). Hy het hulle uitgestuur om Hom te verteenwoordig en om namens Hom te dien ná sy Opvaart na die hemel. ’n Apostel is ’n spesiale getuie van Jesus Christus in die hele wêreld om te getuig van sy goddelikheid en van sy Opstanding uit die dood beide in die voortyd en in die Kworum van die Twaalf Apostels in die herstelde Kerk vandag (Hand. 1:22; L&V 107:23).

Kies van Apostels

Apostels word gekies deur die Here (Joh. 6:70; 15:16).