Studiehulp
Moses


Moses

’n Ou Testamentiese profeet wat die Israeliete uit Egiptiese slawerny gelei het en aan hulle ’n stel van godsdienstige, sosiale en dieëtkundige wette gegee het soos geopenbaar deur God.

Moses se bediening het buite die grense van sy eie sterflike leeftyd gestrek. Joseph Smith het geleer dat hy saam met Elía na die Berg van Transfigurasie gekom het en priesterskapsleutels aan Petrus, Jakobus en Johannes geskenk het (Matt. 17:3–4; Mark. 9:4–9; Lk. 9:30; L&V 63:21).

Moses het aan Joseph Smith en Oliver Cowdery verskyn op 3 April 1836 in die tempel in Kirtland, Ohio, en het aan hulle die sleutels van die versameling van Israel verleen (L&V 110:11).

Openbarings van die laaste dae leer ons baie aangaande Moses. Hy word dikwels genoem in die Boek van Mormon en uit die Leer en Verbonde leer ons aangaande sy bediening (L&V 84:20–26) en dat hy die priesterskap van sy skoonvader Jetro ontvang het (L&V 84:6).

Openbarings van die laaste dae bevestig ook die Bybelse verslag van sy bediening onder die kinders van Israel en herbevestig dat hy die skrywer was van die vyf boeke waarmee die Ou Testament begin (1 Ne. 5:11; Moses 1:40–41).

Die boek van Moses

’n Boek in die Pêrel van Groot Waarde wat Joseph Smith se geïnspireerde vertaling bevat van die eerste sewe hoofstukke van Génesis.

Hoofstuk 1 teken ’n visioen aan waarin Moses God gesien het wat aan hom die hele heilsplan geopenbaar het. Hoofstukke 2–5 is ’n verslag van die Skepping en die Val van die mens. Hoofstukke 6–7 bevat ’n visioen oor Henog en sy bediening op aarde. Hoofstuk 8 bevat ’n visioen oor Noag en die Sondvloed.

Die vyf boeke van Moses

Die eerste vyf boeke van die Ou Testament is bekend as die boeke van Moses. Die bronsplate wat Nefi van Laban geneem het, het die boeke van Moses bevat (1 Ne. 5:11).