Studiehulp
Lamaniete


Lamaniete

’n Groep mense in die Boek van Mormon, baie van wie afstammelinge was van Laman, die oudste seun van Lehi. Hulle het gevoel dat hulle verontreg was deur Nefi en sy afstammelinge (Mosia 10:11–17), met die gevolg dat hulle gerebelleer het teen die Nefiete en dikwels die leerstellings van die evangelie verwerp het. Nogtans, kort voor die geboorte van Jesus Christus, het die Lamaniete die evangelie aanvaar en was regverdiger as die Nefiete (Hel. 6:34–36). Tweehonderd jaar nadat Christus die Amerikas besoek het, het beide die Lamaniete en die Nefiete goddeloos geword en het begin om oorlog te voer teen mekaar. Ongeveer 400 n.C. het die Lamaniete die Nefitiese nasie heeltemal vernietig.