Skrifture
Titelbladsy van die Boek van Mormon


Die
Boek van Mormon

’n Kroniek Geskryf deur
die Hand van Mormon
op Plate
Geneem van die Plate van Nefi

Daarom, dit is ’n verkorting van die kroniek van die volk van Nefi, en ook van die Lamaniete—Geskryf aan die Lamaniete, wat ’n oorblyfsel is van die huis van Israel; en ook aan Jood en nie-Jood—Geskryf by wyse van gebod, en ook deur die gees van profesie en van openbaring—Geskryf en verseël, en weggebêre vir die Here, dat hulle nie vernietig mag word nie—Om voort te kom deur die gawe en mag van God deur die vertaling daarvan—Verseël deur die hand van Moroni, en weggebêre vir die Here, om voort te kom op die gegewe tyd deur middel van die nie-Jood—Die vertaling daarvan deur die gawe van God.

’n Verkorting geneem van die Boek van Ether ook, wat ’n kroniek is van die volk van Jered, wat verstrooi was in die tyd toe die Here die taal van die mense verwar het toe hulle ’n toring gebou het om die hemel te bereik—Wat aan die oorblyfsel van die huis van Israel moet toon watter groot dinge die Here vir hulle vaders gedoenhet; en dat hulle die verbonde van die Here mag ken, dat hulle nie vir ewig verwerp is nie—En ook tot die oortuiging van die Jood en nie-Jood dat Jesus die Christus is, die Ewige God, wat Homself openbaar aan alle nasies—En nou, as daar foute is, is hulle die foute van mense; daarom, moet nie die dinge van God veroordeel nie, sodat julle vlekkeloos bevind mag word voor die regterstoel van Christus.

Oorspronklike vertaling van die plate in Engels
deur Joseph Smith, Jr.