Skrifture
Enos 1
Vorige volgende


Die Boek van Enos

Hoofstuk 1

Enos bid kragtig en verkry vergifnis van sy sondes—Die stem van die Here kom in sy verstand wat heil beloof vir die Lamaniete in ’n toekomstige dag—Die Nefiete het gepoog om die Lamaniete terug te win—Enos verbly hom in sy Verlosser. Ongeveer 420 v.C.

1 Kyk, dit het gebeur dat ek aEnos, wetende dat my vader ’n bopregte man was—want hy het my cgeleer in sy taal, en ook in die donderwysing en vermaning van die Here—en prys die Naam van my God daarvoor—

2 En ek sal julle vertel van die aworsteling wat ek voor God gehad het, voordat ek bvergifnis van my sondes ontvang het.

3 Kyk, ek het gegaan om wilde diere in die woude te jag; en die woorde wat ek my vader dikwels hoor spreek het aangaande die ewige lewe, en die avreugde van die heiliges, het diep in my hart bingesink.

4 En my siel het agehonger; en ek het bneergekniel voor my Maker, en ek het tot Hom geroep in magtige cgebed en smeking vir my eie siel; en die hele dag lank het ek tot Hom geroep; ja, en toe die nag kom, het ek steeds my stem hoog verhef sodat dit die hemele bereik het.

5 En daar het ’n astem na my gekom, wat sê: Enos, jou sondes is jou vergewe, en jy sal geseën word.

6 En ek, Enos, het geweet dat God nie kon lieg nie; daarom, my skuld is weggevee.

7 En ek het gesê: Here, hoe word dit gedoen?

8 En Hy het aan my gesê: Vanweë jou ageloof in Christus, wie jy nooit tevore gehoor of gesien het nie. En baie jare gaan verby voordat Hy Hom sal openbaar in die vlees; daarom, gaan heen, jou geloof het jou bgereinig.

9 Nou, dit het gebeur dat toe ek hierdie woorde gehoor het, het ek ’n abegeerte begin voel vir die welsyn van my broers, die Nefiete; daarom het ek my hele siel buitgestort tot God vir hulle.

10 En terwyl ek aldus geworstel het in die gees, kyk, die stem van die Here het weer in my averstand gekom, en gesê: Ek sal jou broers besoek volgens hulle ywer om my gebooie te onderhou. Ek het aan hulle hierdie land bgegee, en dit is ’n heilige land; en Ek cvervloek dit nie behalwe as dit oor ongeregtigheid is; daarom, Ek sal jou broers besoek volgens wat Ek gesê het; en hulle oortredings sal Ek neerbring met droefheid op hulle eie hoofde.

11 En nadat ek, Enos, hierdie woorde gehoor het, het my geloof onwankelbaar begin word in die Here; en ek het tot Hom gebid met baie lange worstelinge vir my broers, die Lamaniete.

12 En dit het gebeur dat nadat ek agebid en met alle ywer gearbei het, het die Here aan my gesê: Ek sal aan jou gee volgens jou bbegeertes, vanweë jou geloof.

13 En nou kyk, dit was die begeerte wat ek van Hom begeer het—dat as dit so sou wees, dat my volk, die Nefiete, in oortreding sou verval, en op enige wyse avernietig sou word, en die Lamaniete nie vernietig sou word nie, dat die Here God ’n kroniek sou bbewaar van my volk, die Nefiete; selfs as dit so is deur die krag van sy heilige arm sodat dit cvoortgebring mag word op een of ander toekomstige dag aan die Lamaniete, dat, miskien, hulle tot heil dgebring mag word—

14 Want op die huidige was ons stryd atevergeefs om hulle tot die ware geloof te herstel. En hulle het in hul toorn gesweer dat, as dit moontlik was, hulle ons kronieke en ons sou bvernietig, en ook al die oorlewerings van ons vaders.

15 Daarom, ek, wetende dat die Here God in staat was om ons kronieke te abewaar, het ek voortdurend tot Hom geroep, want Hy het aan my gesê: Watter ding jy ook al in geloof sal vra, en glo dat jy sal ontvang in die naam van Christus, jy dit sal ontvang.

16 En ek het geloof gehad, en ek het geroep tot God dat Hy die akronieke moes bbewaar; en Hy het met my ’n verbond gesluit dat Hy hulle sou cvoortbring na die Lamaniete in sy eie bepaalde tyd.

17 En ek, Enos, het geweet dat dit sou wees volgens die verbond wat Hy gesluit het; daarom het my siel gerus.

18 En die Here het aan my gesê: Jou vaders het ook hierdie ding van My verlang; en dit sal aan hulle gedoen word volgens hulle geloof; want hulle geloof was soos joune.

19 En nou het dit gebeur dat ek, Enos, rondgegaan het onder die volk van Nefi, en geprofeteer het van die dinge wat sou kom, en getuig het van die dinge wat ek gehoor en gesien het.

20 En ek lewer getuienis dat die volk van Nefi ywerig gesoek het om die Lamaniete te herstel tot die ware geloof in God. Maar ons arbeid was atevergeefs; hulle haat was gevestig en hulle is gelei deur hul bose geaardheid dat hulle wild, en wreed, en ’n bbloeddorstige volk geword het, vol cafgodery en vieslikheid; en hul gevoed het met roofdiere; en in tente gewoon het, en rondgeswerwe het in die wildernis met ’n kort velgord om hulle lendene en hulle hoofde geskeer; en hulle vaardigheid was in die dboog, en in die sabel, en die byl. En baie van hulle het niks geëet behalwe rou vleis nie; en hulle het voortdurend gesoek om ons te vernietig.

21 En dit het gebeur dat die volk van Nefi die land bewerk het, en allerhande soorte graan agekweek het, en vrugte, en kuddes vee, en kuddes van allerhande soorte beeste, en bokke, en wilde bokke, en ook baie perde.

22 En daar was uitermate baie aprofete onder ons. En die volk was ’n bhardnekkige volk, traag van begrip.

23 En daar was niks behalwe uitermate aonaangenaamheid, bprediking en voorspelling van oorloë, en twiste, en vernietigings, en om hulle voortdurend te cherinner aan die dood en die duur van die ewigheid, en die oordele en krag van God, en al hierdie dinge—om hulle dvoortdurend aan te spoor om hulle te hou in die vrees van die Here. Ek sê daar was niks behalwe hierdie dinge, en uitermate groot duidelikheid van spraak, wat hulle sou verhoed om spoedig in vernietiging af te daal nie. En volgens hierdie wyse skryf ek aangaande hulle.

24 En ek het oorloë tussen die Nefiete en Lamaniete gesien in die loop van my dae.

25 En dit het gebeur dat ek begin oud word het, en ’n honderd nege en sewentig jaar het verbygegaan vanaf die tyd dat ons vader Lehi Jerusalem averlaat het.

26 En ek het gesien dat ek weldra na my graf moes afdaal, nadat die krag van God op my ingewerk het dat ek moet preek en profeteer tot hierdie volk, en die woord verkondig volgens die waarheid wat in Christus is. En ek het dit verkondig in al my dae, en my daarin verbly bo dit van die wêreld.

27 En ek gaan weldra na die plek van my arus, wat by my Verlosser is; want ek weet dat ek in Hom sal rus. En ek verbly my in die dag wanneer my bverganklike met converganklikheid beklee sal word, en voor Hom sal staan; dan sal ek sy aangesig met vreugde sien, en Hy sal aan my sê: Kom na My toe, jou geseënde, daar is ’n plek berei vir jou in die dwonings van my Vader. Amen.