Studiehulp
Bekeer, Bekering


Bekeer, Bekering

’n Verandering van gedagtes en hart wat ’n nuwe houding bring teenoor God, die persoon self, en die lewe in die algemeen. Bekering beteken dat ’n persoon wegkeer van boosheid en dat hy sy hart en wil keer na God deur hom te onderwerp aan God se gebooie en begeertes en sonde te verwerp. Ware bekering kom deur ’n liefde vir God en ’n opregte begeerte om sy gebooie te onderhou. Alle toerekenbare persone het gesondig en moet bekeer ten einde te vorder na heil. Net deur die Versoening van Jesus Christus kan ons bekering van krag word en aanvaar word deur God.

Bekering sluit in ’n bewustelike besluit om ’n mens se vroeëre gewoontes prys te gee en te verander om ’n dissipel van Christus te word. Bekering, doop vir die vergifnis van sondes, die ontvangs van die Heilige Gees deur die oplegging van hande, en volgehoue geloof in die Here Jesus Christus maak bekering volkome. ’n Natuurlike mens sal in ’n nuwe skepsel verander word wat geheilig en rein is, wedergebore in Christus Jesus (2 Kor. 5:17; Mosia 3:19).