Studiehulp
Gelykenis


Gelykenis

’n Eenvoudige verhaal wat gebruik is om ’n geestelike waarheid of beginsel te verduidelik of te onderrig. ’n Gelykenis vergelyk ’n eenvoudige voorwerp of gebeurtenis met ’n waarheid en die onderliggende betekenis of boodskap van ’n gelykenis is dikwels verberg vir hoorders wat nie geestelik voorbereid is om dit te ontvang nie (Matt. 13:10–17).

Jesus het dikwels deur middel van gelykenisse geleer. Vir ’n lys van sy belangrikste gelykenisse, sien Ooreenstemming van die Evangelies in die bylae.