Studiehulp
Bely, Belydenis


Bely, Belydenis

Die skrifture gebruik belydenis op ten minste twee maniere. In een sin beteken om te bely om mens se geloof in iets te verklaar, soos om te bely dat Jesus die Christus is (Matt. 10:32; Rom. 10:9; 1 Joh. 4:1–3; L&V 88:104).

In ’n ander sin, beteken om te bely om ’n mens se skuld te erken soos in ’n belydenis van sondes. Dit is ’n plig van alle mense om al hulle sondes te bely aan die Here en sy vergifnis verkry (L&V 58:42–43). Wanneer nodig, moet sondes bely word aan die persoon of persone teen wie gesondig is. Ernstige sondes moet aan ’n Kerkamptenaar bely word (in die meeste gevalle die biskop).