Studiehulp
Henog


Henog

’n Profeet wat die mense van die stad Sion gelei het. Sy bediening is bespreek in beide die Ou Testament en die Pêrel van Groot Waarde. Hy was die sewende patriarg na Adam. Hy was die seun van Jered en die vader van Metúsalag (Gén. 5:18–24; Lk. 3:37).

Henog was ’n besonderse persoon en het ’n beduidender bediening gehad as wat die Bybel se verslag oor hom aandui. Die Bybel dui aan dat hy getransformeer is (Hebr. 11:5) maar gee geen besonderhede van sy bediening nie. Judas 1:14 bevat ’n aanhaling van ’n profesie wat hy gemaak het. Openbarings van die laaste dae verduidelik baie meer oor Henog, veral van sy prediking, sy stad genoem Sion, sy visioene, en sy profesieë (L&V 107:48–57; Moses 6–7). Sion is na die hemel geneem vanweë die regverdigheid van diegene wat daarin gewoon het (Moses 7:69).