Studiehulp
Siel


Siel

Die skrifture spreek van siele op drie maniere: (1) geestelike wesens, beide vooraards en nadoods (Alma 40:11–14; Abr. 3:23); (2) ’n gees en ’n liggaam verenig in sterflikheid (L&V 88:15; Abr. 5:7); en (3) ’n onsterflike, herrese persoon wie se gees en liggaam onafskeidbaar verbind is (2 Ne. 9:13; L&V 88:15–16).

Waarde van siele

Alle persone is geesteskinders van God. Hy gee om vir elkeen van sy kinders en beskou elkeen as belangrik. Omdat hulle sy kinders is, het hulle die vermoë om soos Hy te word. Daarom is hulle van groot waarde.