Studiehulp
Josef, Seun van Jakob


Josef, Seun van Jakob

In die Ou Testament, die eersgebore seun van Jakob en Ragel (Gén. 30:22–24; 37:3).

Josef het die geboortereg in Israel ontvang omdat Ruben, die eersgebore seun van Jakob se eerste vrou, die voorreg verbeur het deur oortreding (1 Kron. 5:1–2). Omdat hy waardig was, was Josef as die eersgebore seun van Jakob se tweede vrou, die volgende aanspraakmaker op die seëning. Josef het ook ’n seëning ontvang van sy vader kort voordat Jakob gesterf het (Gén. 49:22–26).

Josef was ’n man van groot integriteit, ’n individu wat “verstandig en wys” was (Gén. 41:39). Sy verwerping van Pótifar se vrou is ’n voorbeeld van geloof, kuisheid en persoonlike integriteit (Gén. 39:7–12). In Egipte, toe Josef sy ware identiteit geopenbaar het aan sy broers, het hy hulle bedank in plaas van te blameer oor hoe hulle hom behandel het. Hy het geglo dat hulle optrede gehelp het om God se goddelike wil te verwesenlik (Gén. 45:4–15).

Openbarings van die laaste dae maak die belangriker roeping van Josef se familie in die laaste dae bekend (JSV, Gén. 50:24–38 [Bylae]; 2 Ne. 3:3–24; 3 Ne. 20:25–27).